#1101 – Haarsny & -stilering
Current bid: N$550.00Geskenkbewys ter waarde van N$600 vir haarsny en -stilering deur Ilana’s Hair Gallery 2 op Aranos.

Enquiries: Lehana: +264 (0)81 350 2815

Geskenkbewys ter waarde van N$600 vir haarsny en -stilering deur Ilana’s Hair Gallery 2 op Aranos.

Slagskaap karkas van minimum 18kg uitslag-gewig. C-graad. Koper kan met skenker ooreenkom oor vet-gradering van karkas. Foto net ter illustrasie – soortgelyk.
Lewering op Aranos of padlangs tot Windhoek op datum wat skenker pas. Andersins is vervoerreëlings koper se verantwoordelikheid.
Waarde: N$1530.

Braaipak bestaande uit 1 pak skilpadjies (9), 400g boerewors, 400g kerriewors en 850g lam boudtjops geskenk deur Affiplaas vleisprodukte, Aranos.
Gelewer op Aranos, Gobabis, Stampriet, Windhoek, Walvisbaai, Swakopmund of Hentiesbaai per verskaffer se afleweringsdatums.
Waarde: N$290.

Slagskaap karkas van minimum 25kg uitslag-gewig. Dorper/Meatmaster kruising. B-graad. Kakas soortgelyk aan dié op die foto vanaf die skenker.
Lewering op Aranos of Hentiesbaai per leweringsdatum van skenker. Andersins sal vervoerreëlings die verantwoordelikheid van die koper wees.
Waarde: N$2250

Slagskaap karkas van ±22kg van Suidland Abattoir, Aranos. Dorper of Meatmaster. C-graad.
Lewering op Aranos of enige dorp padlangs tot in Windhoek op skenker se leweringsdatum. Ander vervoerreëlings sal koper se verantwoordelikheid wees.
Foto slegs ter illustrasie. Nie die presiese karkasse nie.
Waarde: N$1870

Varsgebakte boerbrood uit die oond van ‘n boervrou. Net op Aranos beskikbaar.
Skakel of WhatsApp ons vir ‘n bod:
Lehana de Klerk 0813502815
Jannie Booysen 0813855464

Slaglam karkas van 21kg. Damara-skaap. A-graad. Karkas op foto.
Lewering op Aranos, anders is vervoerreëlings die verantwoordelikheid van die koper.
Waarde: N$2415

‘n Versameling 7 langspeelplate van popmusiek uit die 1970’s en vroeë 1980’s met die volgende titels:
Springbok Hit Parade vol’s. 8 (1972), 15(1974), 22(1975) en 29(1976)
Pop Shop vol. 26 (1985)
Springbok Hits of the Week vol. 2 (1971)
Non Stop Dancing 81 (1981)

‘n Versameling van 8 langspeelplate van popmusiek uit vroeëre dekades. Die volgende titels is ingesluit:
1. DJ All Stars pay tribute to Tina Turner & Billy Ocean
2. Souvenirs (Richard Clayderman, Ronnie Aldrich, Francis Goya)
3. The sound of BREAD – Their 20 finest songs
4. Teardrops III (The Fureys, Foster & Allen, Geraldine, Ken Mullen, Brian & Ozzie)
5. Modern Talking – Romantic Warriors
6. The Soft Shoes
7. Dance Party
8. Pierre de Charmoy

George Foreman – Lean Mean Fat Grilling Machine. Min gebruikte item, feitlik nuut.

Plastiek hoekrakkies vir binneshuise versierings. Grootte: 24x24cm

Spesery-rakkie met plek vir papierrol. Mates: 36,5 x 10,5 x 15cm.

Sementkrip geskik vir skaap en bees. Kapasiteit: ±120 liter. Lengte: 2,5m. Koper laai self ongeveer 40km suid-oos van Aranos.

Logik high velocity 45cm industrial pedestal fan. Nog splinternuut. Nooit gebruik.