BEPALINGS EN VOORWAARDES VIR DIGITALE VEILINGS

Digitale veilings sal onder die kontrole van Kanaal 7 plaasvind en die bepalings en voorwaardes hier uiteengesit sal vir alle digtale veilings wat plaasvind, geld.

 

1

BIEËRREGISTRASIE EN BESIGTIGING VAN GOED

1.1

Enige persoon wat aan veilings wil deelneem moet die aanlyregistrasieproses voltooi.

1.2

Wanneer ʼn bieër ʼn aanlyn registrasie voltooi, gee bieërs toestemming dat sy/haar persoonlike inligting deur die afslaer gebruik mag word om die registrasie te skep om sodoende aan die aanlyn veiling te kan deelneem.

1.3

Slegs persone wat wettige, bindende ooreenkomste volgens die Namibiese wet mag sluit, mag registreer as bieërs. Die aanlyn dienste is nie beskikbaar aan minderjariges nie.

1.4

Bieërs wat na die veskeie goedere wil kyk wat by die veilings beskikbaar sal wees, kan dit byhttps://sobyso.com.na/ besigtig.

2

DATUMS EN TYD VAN VEILINGS

2.1

Die datum en tyd van die veiling sal op die webtuiste en sosiale media gepubliseer word. 

2.2

ʼn Veilingskatalogus met meeste van die items sal ten minste 24 (vier-en-twintig) uur voor die aanvang van die veiling aanlyn beskikbaar wees.  Addisionele items sal bygevoeg word tydens die veiling.

3

VOETSTOOTS EN TOEPASSING VAN KLANTEBESKERMINGSWET

3.1

Die afslaers is nie aanspreeklik vir enige foute of onakkuraathede in die beskrywing of identifikasie van enige lot artikels nie.  Wanneer ʼn bieër ʼn aanbod maak, sal aanvaar word dat die bieër hom/haar vergewis het van die goed waarop gebie word.

3.2

Alle artikels word “voetstoots” verkoop.  Die koper sal nie beskerm word deur die bepalings van in Klantebeskermingswetgewing nie.

4

VERKOPE PER VEILING

4.1

Die verkope by ʼn veiling is afgehandel met die val van die afslaer se hamer/ digitale klok of enige ander gebruiklike manier.

4.2

Die hoogste aanvaarde bod sal geag word om die koper te wees.

4.3

Indien daar ʼn geskil tussen twee of meer bieërs plaasvind, het die afslaer die reg om te bepaal of die lot weer vir verkope geplaas word of watter party as die verkoper aangewys word. Die besluit deur die afslaer in die verband is finaal.

4.4

Indien die bieër suksesvol is, sal hy/sy in kennis gestel word dat sy/haar bod suksesvol was. Die lot sal outomaties op die bieër se rekening geplaas word. Die bieër sal volledige inligting van K7 ontvang om die betaling te bewerkstellig.

4.5

Die veilig is onderhewig aan reserwepryse wat voor die verkoop van enige artikel bekend sal wees.

4.6

Tydens die veiling, waarvoor die bieër geregistreer het, kan daar gebie word deur op die bodknoppie te klik.

4.7

Die huidige aanbod sal op die webblad vertoon word.

4.8

Die bieër erken dat hy/sy op ʼn regstreekse veiling bie en dat elke bod bindend is self al is dit verkeerdelik ingedien.

4.9

In die geval waar die hoogste bod gelykop is, sal die vroegste bod wat ontvang en erken is, aanvaar word.

4.10

Die afslaer behou die reg voor om ʼn aanlyn registrasie te verwerp en
toestemming terug te trek vir die gebruik van die aanlyn veilingdiens vir watter rede ook al, hetsy voor of gedurende die veiling.

4.11

Die organiseerders behou hulself die reg voor om die sluitingsdatum uit te stel/te verleng, sou verkope nie op teiken wees op die oorspronklike sluitingsdatum.

5

BETALINGSPROSEDURE

5.1

Volledige inligting vir betaling sal aan die koper gestuur word.

5.2

Betaling moet deur PayBuddy (ʼn skakel is op die webtuiste beskikbaar) geskied of deur EFT (bankbesonderhede word op die faktuur ingesluit) KANAAL 7 – FNB Business (281 872) Rek: 6225 6615 140.   OF  Bank Windhoek (481 972)  Rek: 1033 429 805.

5.3

Die betaling van ʼn suksesvolle aanbod moet binne 5 (vyf) dae van aankoop gemaak word.

5.4

In die geval waar die betaling nie binne 5 (vyf) dae vanaf die datum waarop die bod toegeken is, ontvang is nie, beskik die Kanaal 7 oor die reg om die toekenning te kanselleer, die item te behou en dit weer te verkoop.

6

DIE VERWYDERING VAN ITEMS

6.1

Items wat nie verkoop nie, mag vanaf die veilingblad af verwyder word.

6.2

Enige item of lot wat gedurende die veiling verkoop word, sal net verwyder mag word na die koper die volle verkoopprys betaal het of as daar ʼn aanvaarbare ooreenkoms tussen die koper en Kanaal 7 vir die betaal daarvan gemaak is.

7

VERSENDINGSPROSEDURE

7.1

Die verwydering, aflewering of koerier van enige item of lot sal eers geskied nadat die koper die die volle bedrag verskuldig aan die afslaer betaal het en dit in die bankrekening van Kanaal 7 verskyn.

7.2

Geen lotte sal tydens die veilingsverrigtinge ontslaan word nie.

7.3

Aflewering sal gratis binne die grense van Namibië wees, behalwe waar dit duidelik saam met die item anders adverteer word.

7.4

Aflewering buite Namibië se landsgrense sal teen ʼn ekstra koste gedoen word afhangende van die koper se ligging.

8

EIENAARSKAP EN RISIKO VAN WINS EN VERLIES

8.1

Eienaarskap van die item of lot sal deur Kanaal 7 behou word totdat die volle verkoopprys betaal is.

8.2

Die risiko van wins of verlies van ʼn item of lot sal oorgedra word aan die hoogste bieër/koper op die toeslaan van die hamer/digitale klok.

9

DIE ONTTREKKING VAN BOD

9.1

Enige bieër wat sy/haar bod wil onttrek mag so doen voor die toeslaan van die hamer/digitale klok. Dit sal wees wanneer die spesifieke lot op die aanlyn veilig gesluit word.

9.2

Die onttrekking van ʼn bod moet skriftelik wees en dit sal eers geldig wees wanneer die geskrewe onttrekking deur die afslaer ontvang is.

10

INTERNET

10.1

Die afslaer aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige onderbreking van die internetverbinding wat lei tot die onwrigting van ʼn bieër se internetverbinding tydens die direkte veiling nie, hetsy dit die bieër of afslaer se internetprobleem is.

10.2

Die afslaer aanvaar geen verantwoordelikheid vir die verlies van ʼn potensiële aankoop indien die bieër se internetverbinding onderbreek word of die netwerk gedurende die veilingsproses afgesny word nie.

11

HELE OOREENKOMS AANGAANDE DIE BEPALINGS EN VOORWAARDES

11.1

Hierdie verkoopsvoorwaarders maak die volledige ooreenkoms tussen die betrokke partye ten opsigte van die onderwerpe daarin bespreek uit. Geen ooreenkoms, voorstelling of waarborg tussen die partye, buiten dit wat in die dokument uiteengesit is, is bindend nie.

12

DOMICILIUM

12.1

Die koper kies sy/haar domicilium soos voorsien in die registrasiedokumente.

13

Vrywaring

 

Hierdie weergawe is die enigste weergawe wat te alle tye geld om Kanaal 7 se veiling te rig.  Kanaal 7 behou die reg voor om enige van die voorwaardes te verander soos en indien nodig.